NewsNews

Woede oor water

Inwoners van Parys is raadop met vuil of geen water in die drinkwater krane. Vandag, Dinsdag 18 September, was gedeeltes van die dorp weer vir ure sonder water. En sou daar wel water in die krane wees, is waterdruk in dele van die dorp so swak dat dit bykans onmoontlik is om ‘n bad water te …

Inwoners van Parys is raadop met vuil of geen water in die drinkwater krane. Vandag, Dinsdag 18 September, was gedeeltes van die dorp weer vir ure sonder water.

En sou daar wel water in die krane wees, is waterdruk in dele van die dorp so swak dat dit bykans onmoontlik is om ‘n bad water te tap of ‘n wasmasjien te gebruik.

Die foto op Facebook van water wat vandag uit ‘n inwoner se krane gekom het, het wye kommentaar uitgelok.

Die meeste inwoners voel dat die munispaliteit in gebreke bly om behoorlik met inwoners te kommunikeer oor watervoorsieningsprobleme.

Wat is jou gevoel? Hoe dikwels het jy nie water in jou krane nie?

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button