NewsNews

Vredefort Koepel Kunsfees en kermis

Die ATKV beskou die Vredefort Koepel Kunsfees en kermis as een van die beste projekte wat nasionaal aangebied word. Maak daarom seker jy is daar

Die NG Gemeente Vredefort en Chris van Niekerk Skool, hou Vrydag 14 September  hul jaarlikse Kunsfees en Kermis.
Terwyl die lekkerbekke in die kerksaal smul aan al die lekkernye wat deur die gemeente se baasbaksters voorberei word, kan die liefhebbers van goeie musiek in die kerk luister na ’n fees van koorsang en instrumentale musiek.
Die kermis en kunsfees begin om 09:30.
Jy kan vinnig iets skandelik, liplekker en ongehoord vir ontbyt eet saam met ’n koppie koffie, en dan jou sit gaan kry in die kerk om na die uitgesoekte kore te luister!
Toegang na die kunsfees in die kerk is R15 per persoon.
Voorskoolse kinders gaan gratis in.
Daar kan vanjaar geluister word na   hoër- en laerskoolkore, trompoppies, boere-orkeste, marimba-groepe en instrumentale ensembles.
Daar sal vanjaar ook vir die eerste keer ‘n visuele kunskompetisie aangebied word.
Vier-en-tagtig kunswerke sal uitgestal word. Twee wenners word in elke kategorie aangewys.
Kom kyk hoe mooi het die kinders geteken en geskilder.
Daar is ook ander vermaak vir die kinders die dag beskikbaar.
Die ATKV beskou die Vredefort Koepel Kunsfees en kermis as een van die beste projekte wat nasionaal aangebied word. Maak daarom seker jy is daar.
Vir meer inligting skakel 082 565 1085

Related Articles

Back to top button