LetterNewsNewsOpinions

Leer uit sukses van Saligna-park

Die munisipaliteit moet tot verantwoording geroep word.

Na aanleiding van die berig in Parys Gazette oor die inisiatief wat geneem is om die Eerstelaan parkie skoon te maak, kan ek deur ondervinding waardevolle inligting gee sonder om te kla.
Dit is meer as 12 jaar dat ek die Saligna, of ook genoem op “Google” Grensstraat Parkie bestuur en opgebou het.
Dit is ’n uitdaging om die gemeenskap betrokke te kry en eienaarskap van so ’n projek te neem, en dit volhoubaar te hou. Die spreekwoord, “sien is glo”, werk.
Dit is duur en kos baie meer as R1 000 per maand om die Saligna Parkie aan die gang te hou. Daar is onderhoud wat gedoen moet word, arbeid van ’n  werker dalk een keer per week, vullisverwydering, natmaak van die gras en beddings, grassny, ensovoorts. Voeg daarby my gratis dienste, en self bou van apparate wat vir die omgewing ’n trots is, en waarde toevoeging van eiendom beteken.
Die apparate is baie belangrik vir die kinders se ontwikkeling, vra maar vir hulle wat weet. Ligte is ook onlangs aangebring om vandalisme te probeer bekamp.
Baie dankie aan bydraers in die omgewing wat elke maand vrywillig ʼn bydrae (finan-  sieel) inbetaal om dit moontlik te maak. Julle maak die verskil.
Daar word boek gehou van inkomste en uitgawes en die  rekening by die bank. Nuusbriewe en inligting word gereeld deurgegee en is beskikbaar vir bydraers.
Ons het ook ’n donasie-stasie by die swaaie waar mense van elders ’n bydrae kan maak. Elke bietjie help.
Dit is egter onmoontlik om almal in Parys en omgewing te akkommodeer in een parkie.
Daarom is my voorstel dat die apparate by die Eerstelaan parkie aan byvoorbeeld Tumahole of Schonkenville geskenk en gevestig word waar hulle in die omgewing, eienaarskap moet neem. Mense in hulle omgewing moet na vore kom waar daar ’n behoefte is. Dit is net onregverdig dat kinders 15km ver moet loop vir afleiding, en die slytasie en onderhoud op ons gewillige bydraers in ons omgewing gelaai word.
Die munisipaliteit moet tot verantwoording geroep word.

Related Articles

Back to top button