NewsNews

Dwelmskok in lekkergoed: Maak seker jou kind weet

Maak seker jou kind besef die gevare

Jy lees hiervan, waarsku miskien jou kinders so in die verbygaan, min wetend dat jou eie kind bykans ondenkbaar maklik ‘n slagoffer kan word van gewetenlose dwelmsmouse – selfs daar waar jy dink jou kind die veiligste is.

Vir ‘n 12-jarige skooldogter van Parys het hierdie nagmerrie Maandag 10 September ‘n harde werklikheid geword. ‘n Seun het vir haar lekkergoed tydens pouse gegee. Lekkergoed wat hy weer by n vrou gekry het.

Die dogter het die lekkergoed eers by die huis geëet, min wetend dat dit wat vir haar gegee is ‘n slaapmiddel en ander dwelmmiddels bevat het. Kort daarna moes sy per ambulans na die hospitaal geneem word waar sy steeds behandel word.

Die lekkergoed was in ‘n groenerige deurskynende pakkie waarop daar geen naam was nie en het byna die voorkoms gehad van ‘n fizzer wat aan meeste kinders bekend is. Dit was groen van kleur met wit aan die binnekant.

Maak seker jou kind besef die erns daarvan dat jy geen eet- of drinkgoed van iemand kan aanvaar waarvan jy nie die oorsprong ken nie. Dwelmsmouse ken beslis ook die goedgelowigheid van kinders en juis daarom word lekkergoed dikwels gebruik. Leer jou kind om bedag te wees hierop, selfs by die plekke waar jy dink jou kind sal veilig wees. Soms is dit juis sagte teikens vir gewetenlose misdadigers.

Vra  jou kind om sou daar enigiets aan hom/haar gegee word, hy/sy dit eers vir jou of ‘n onderwyser sal wys en sê waar dit gekry is.

Dit is altyd beter om jou kind eerder te wys op die gevare sodat hulle bedag sal wees daarop.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button