NewsNews

Werkloosheid in Vrystaat kommerwekkend

Werkloosheid in die Vrystaat neem toe.

Werkloosheid in die Vrystaat is aan die toeneem en die politieke wil bestaan nie by die ANC om die groeiende probleem aan te spreek nie.
So sê Tammy Wessels, ‘n VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer.
Volgens Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse werksmag-opname wat in Augustus uitgereik is, het die werkloosheidspersentasie in die Vrystaat met 1.6% vir opeenvolgende kwartale toegeneem. Dit is die hoogste van al die provinsies.
Werkloosheid in dié provinsie het van 32.8% in die eerste kwartaal vanjaar tot 34.4% in die tweede kwartaal toegeneem en daar is 26 000 minder werkgeleenthede.
“Hierdie toename moet voor die deur van die ANC-regering in die provinsie gelê word as gevolg van die onsekerheid van wanbestuur en die ongunstige werkstoestande wat dié party se uitsprake skep,” sê Wessels.
“Werkgeleenthede net in die Vrystaatse landbousektor alleen het met 22.3% afgeneem. Roekelose en ondeurdagte uitsprake oor grondonteiening vir goedkoop politieke gewin en die algehele gebrek aan ondersteuning en behoorlike bestuur in die sektor dra by tot hierdie ongunstige toestande.”
Wessels sê die Vrystaatse regering, onder leiding van premier Sisi Ntombela, behoort werkskepping as sy eerste prioriteit te ag.
“Goedkoop politiekery, eie- en partygewin en ander verkeerde prioriteite moet dringend uit die weg geruim word,” sê Wessels.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button