NewsNews

Ernstige motorongelukke kom wydverspreid voor

  Vier voertuie was vroeër in ‘n ongeluk betrokke voor Klipkor op die R57 betrokke. Volgens inligting wou ‘n wit Mazda bakkie by die perseel van Midway Charter Service indraai toe ‘n Tata bakkie van agter in hom vasry. Die Mazda bakkie het toe voor aankomende verkeer beland en twee voertuie is gestamp. ‘n BMW …

 

Vier voertuie was vroeër in ‘n ongeluk betrokke voor Klipkor op die R57 betrokke. Volgens inligting wou ‘n wit Mazda bakkie by die perseel van Midway Charter Service indraai toe ‘n Tata bakkie van agter in hom vasry. Die Mazda bakkie het toe voor aankomende verkeer beland en twee voertuie is gestamp. ‘n BMW en Kia het in die proses skade opgedoen. Geen beserings is aangemeld.

Een van die grootste ongelukke van die dag was twee trokke wat op die R59 langs die Parys vliegveld gebots het. Die petrolwa het aan die brand geraak en die R59 tussen die vliegveld net buite Parys en die N1 is steeds gesluit terwyl Spiltech besig is met opruiming op die pad. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en of daar enige beserings was. Die ongeluk is ook gevolg deur nog ‘n botsing waarin drie voertuie betrokke was by die Parys Golf & Country Estate ingang op die R59.

‘n Ligte ongeluk het ook by VUT plaasgevind.

In Vereeniging het ‘n voertuig gerol en in ‘n ander ongeluk ‘n ent verder op die R59 was drie ander voertuie in ‘n ongeluk betrokke.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button