NewsNews

Angus Buchan Sondag in Potch

Angus Buchan Sondag in Potch

Groot opgewondenheid heers oor It’s Time Potch, ’n gebedsaamtrek vir die hele stad en omliggende streke wat Sondag, 9 September plaasvind.
Daar word verwag dat Olënpark gepak gaan wees waar Angus Buchan, bekend vir sy “Mighty Men” konferensies, die boodskap gaan bring. Verlede jaar in Bloemfontein het meer as 1 miljoen mense saamgebid.
Vanjaar het Potchefstromers en mense van die omliggende streke die voorreg om ’n soortgelyke stadsgrootte byeenkoms by te woon wat spesiaal vir Potchefstroom en die streek aangebied word.
Een van die organiseerders, ds. Willem Louw, sê “Oom Angus, wat ook ’n boer in murg en been is, het veral bekend geword vir sy praktiese geloof en vertroue in God. Die bekende film “Faith like potatoes”, wat sy lewensverhaal uitbeeld, het baie mense se geloofslewe verdiep. Hy glo God kan elke mens en elke situasie in ’n oomblik ten goede verander. Die byeenkoms is oop vir almal en toegang is gratis. Die dag word deur vrywilligers geborg. Die hekke open reeds om 12:00 en die hoofprogram begin om 15:00.
Ds. Louw sê dis ’n geleentheid waar gelowiges byeen kan kom om hulle voor God te verootmoedig.
Ernie Amos en sy orkes sal die lofprysing lei. Pak ’n piekniekmandjie en bring ’n opvoustoel, ’n hoed of sonsambreel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button