NewsNews

Oorwinning vir die DA in Wyk 12

Die DA het gister (Woensdag 5 September) ‘n oortuigende oorwinning behaal in die Ngwathe tussenverkiesing vir wyk 12. DA-kandidaat Andries Vrey het 60,66% (999 stemme) gekry, met die Vryheidsfront Plus se Phillip van der Merwe wat 17,67% (291 stemme) gekry het. Die ANC se Peggy Nonyana het 18,58% (306) stemme gehad, en die EFF kandidaat, …

Die DA het gister (Woensdag 5 September) ‘n oortuigende oorwinning behaal in die Ngwathe tussenverkiesing vir wyk 12. DA-kandidaat Andries Vrey het 60,66% (999 stemme) gekry, met die Vryheidsfront Plus se Phillip van der Merwe wat 17,67% (291 stemme) gekry het.

Die ANC se Peggy Nonyana het 18,58% (306) stemme gehad, en die EFF kandidaat, Lehlohonolo Thomas Matsobane  3,10% (51 stemme).

Dit beteken dat Andries Vrey nou die nuwe wyk 12 raadslid sal wees.

Die tussenverkiesing het gevolg na die bedanking van DA-raadslid Saal de Jager weens sy sakeverpligtinge.

‘n Tussenverkiesing sal ook eersdaags op 14 November in Ngwathe se Wyk 11 gehou word, na die dood van ANC rdl. Joshua Sakia Mabena.

Die 2016 stempersentasies in wyk 12 gee ‘n interessante prentjie as dit vergelyk word met die stempersentasies wat nou behaal is. In 2016  was dit 72,40% vir die DA, 18,52% vir die ANC, 6,46% vir die Vryheidsfront Plus en 2,26% vir die EFF.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button