NewsNews

Gesigsamestellings gemaak van elektrisiën se vermeende moordenaars

Gesigsamestellings van verdagtes gemaak.

Vier maande na die moord op Christo du Plooy, ‘n elektrisiën van Parys, soek die polisie steeds na die moordenaars

Christo is in Mei vanjaar net na 18:00 in sy huis in Grensstraat tydens ’n huisroof koelbloedig doodgeskiet.

Hy is op die toneel oorlede.

Die gewapende mans wat ‘n skoktoestel, 9mm pistool en rewolwer by hulle gehad het, het met ‘n motor by die huis gestop en ten spyte van die palissade-omheining en hek, sekuriteitskameras en honde op die erf, ingekom.

Hulp was gou op die toneel, maar die verdagtes kon slaag om met die voertuig waarmee hulle gekom het, te vlug.

Selfone en kontant asook ‘n skootrekenaar en juweliersware is gevat.

Die polisie ondersoek klagte van huisroof en moord, ná dié traumatiese voorval, en is daar nou uiteindelik daarin geslaag om gesigsamestellings van die verdagtes te maak.

As jy enige van die verdagtes herken of weet waar hulle hul mag bevind, skakel asseblief speur-sers Zwayi van die Polisie se Trio Spesialis Ondersoek eenheid vir die Tumahole Cluster in Zamdela by 073 552 8356. AL vier kon Afrikaans praat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button