NewsNews

Menseregtekommissie kyk na besoedeling in die Vaalrivier

Menseregtekommissie gaan kyk na besoedeling in Vaalrivier.

Lede van die Menseregtekommissie (MRK), vergesel van n groep besorgdes, het Maandag verskeie punte in die Vaaldriehoek besoek waar rou riool direk in die Vaalrivier beland. Met die besoek aan verskeie pompstasies, was daar ‘n onuithoubare rioolreuk en poele vol vuilwater.

Die afvaardiging was dit eens dat indien die MRK nie ingryp nie, sal die area tot ʼn rampgebied verklaar moet word. ʼn Ondersoek deur die MRK en ander rolspelers word nou vir 18 en 19 September beplan.

Die MRK gaan alle verantwoordelike rolspelers soos Rand Water en die departement van water en sanitasie daag om voor die kommissie te verskyn.

Die VF Plus wat deel was van die afvaardiging, het na afloop van die besoek gesê die party verwelkom die MRK se ingryping, maar eis dat die proses met daadwerklike stappe gepaardgaan om die besoedeling van die rivier te stop.

Die party sê waterbesoedeling in die Vaalrivier het reeds krisis-afmetings aangeneem wat dit gevaarlik maak vir mens en dier om te gebruik en wat reeds tot duisende vissterftes gelei het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button