NewsNews

Pretdag en kaalvoet dans vir We Care dié naweek

Pretdag en kaalvoet dans vir We Care dié naweek

We Care Buurtwag en Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) bied hierdie Saterdag, 8 September, ’n pretdag en kaalvoet dans aan.
Die pretdag is op die Hoërskool Parys se sportgronde. Toegang kos slegs R20 per persoon en daar is baie om te doen vir die kinders. Daar sal onder meer boeresport heel dag wees, met pryse vir die wenners, springkastele, en verskeie plaaslike kunstenaars wat gaan optree. Die hoogtepunt van die dag is ’n  kaalvoetdans en bring-en-braai die aand, met lekker musiek en ’n lewendige orkes.
Kom kuier saam en gee op hierdie manier jou steun vir We Care en Parys GPF.
Vir navrae kan Dorette geskakel word by 071 554 7966.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button