NewsNews

Kom kyk saam sterre by Deelfontein

Kom kyk saam sterre by Deelfontein

Komende Saterdag, 8 September, is die laaste sterrekykuitstappie by Deelfontein, vir dié seisoen
‘n Wolklose sterrehemel met nuwemaan word voorspel, en die vooruitsig vir goeie waarnemingstoestande sonder die erge winterkoue . Frik le Roux van die Sterrekundevereniging van Pretoria lei die uitstappie, wat soos gewoonlik om 19:00 met ‘n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag begin.
Tans is vier planete baie goed sigbaar: Venus, Jupiter, Saturnus en Mars, wat besonder naby
aan die aarde is en dus baie groot vertoon. Ook Uranus en Mercurius behoort gesien te kan
word. Besoekers kan verkykers saambring, want die groter konstellasies is daardeur beter
sigbaar as in die sterk teleskope. Twee teleskope sal beskikbaar wees.
Die uitstappie kos R100 per persoon. Bring warm klere en skoene saam. Padaanwysings na
Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar. Meld asseblief per epos aan by
gerhard@deelfontein.co.za of per sms aan 083 280 9784.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button