NewsNews

Dis rally by Weiveld dié naweek

Weiveld – Kom deel in die pret van die Weiveld Rally wat dié naweek, Saterdag 1 September, gehou word as fondsinsameling vir die Parys-rugbyklub en Epilepsie SA. Die rugbyklub samel jaarliks fondse in om te help met hoë brandstof uitgawes van die spelers. Sommige spelers ry ver om te oefen, en weg wedstryde is tussen …

Weiveld – Kom deel in die pret van die Weiveld Rally wat dié naweek, Saterdag 1 September, gehou word as fondsinsameling vir die Parys-rugbyklub en Epilepsie SA. Die rugbyklub samel jaarliks fondse in om te help met hoë brandstof uitgawes van die spelers. Sommige spelers ry ver om te oefen, en weg wedstryde is tussen 250-350km van Parys. Vanjaar het die klub ook Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum betrek sodat daar gehelp kan word om fondse in te samel vir ’n badhyser vir die sentrum om gestremdes makliker uit die bad te tel.
Die Weiveld Boerevereniging het goedgunstiglik hul saal beskikbaar gestel vir die dag. Die rally roete van tussen 40 en 50km, loop deur verskeie plase in die Weiveld-omgewing.  Die roete sluit 4 x 4 gedeeltes in vir die  meer waaghalsige ryer, maar ook ’n opsie vir dié nie-waaghalsiges. Roetes kan rustig gery word sonder om teen tyd te jaag.
Dit is ’n  familiedag met 14 stoppunte waar elke deelnemer aan ’n  aktiwiteit kan deelneem. By elke punt sal ’n  wenner aangewys word. Padaanwysings na die Boerevereniging-saal waar die Rally wegspring, sal vanaf die hoofpaaie sigbaar wees. Gaan kyk ook na die rugbyklub se Facebook-blad om die koördinate vir die saal te kry.
Registrasies sal op 1 September om 7:00 by die Boereverenigingsaal begin, en die eerste motorfietse sal vanaf 7:30 wegspring. Voertuie sal vanaf 8:00 wegspring, minute uit mekaar uit. Registrasies sluit om 10:00 en die laaste voertuie spring 11:00 weg. Die roete neem ongeveer 3 en ’n  half ure om te  voltooi. Omdat dit nie ’n renbaan is nie, sal ’n  Rally-wenner nie aangewys word.
Daar sal dwarsdeur die dag tot laat eet- en drinkgoed te koop wees. ’n  Halfweghuis sal ook die honger stil met ’n  boereworsrolletjie, koeldrank of selfs ys wat te koop sal wees.  By die saal sal daar die aand verskeie bykosse en ander eetgoed beskikbaar wees, asook braaipakkies en malvalekkers om te braai.  Kom kuier saam om die vure met lekker musiek. Bring net jou eie eetgerei, kampstoel  en piekniekmandjie.  Vir navrae skakel Rose by 082 881 5210, of  Gary by 082 378 2870.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button