NewsNews
Hantering van onwettige grondbesetting en betreding bespreek
Die Parys Distriks Boere Unie, in samewerking met die omliggende boeregemeenskappe van Koppies, Vredefort en Greenlands, hou vanmiddag, Donderdag 30 Augustus, om 15:00 ’n inligtingsvergadering in die Weiveld boeresaal, waar gepraat sal word oor die hantering van onwettige grondbesetting en betreding. Die gedagte is om na die polisie en ander rolspelers uit te reik met …
Die Parys Distriks Boere Unie, in samewerking met die omliggende boeregemeenskappe van Koppies, Vredefort en Greenlands, hou vanmiddag, Donderdag 30 Augustus, om 15:00 ’n inligtingsvergadering in die Weiveld boeresaal, waar gepraat sal word oor die hantering van onwettige grondbesetting en betreding.
Die gedagte is om na die polisie en ander rolspelers uit te reik met konstruktiewe planne vir samewerking, sou daar gevalle van onwettige grondbesetting en betreding wees, ten einde konfrontasie en geweld te vermy.
’n Beroep word op boere in die Parys, Sasolburg, Koppies en Vredefort wyke gedoen om die vergadering by te woon sodat soveel moontlik insette gekry kan word.
You can read the full story on our App. Download it here.