NewsNews

Geen gebreekte ruite meer in museum-vensters

Daar is nie een gebreekte ruit meer in die vensters van die Parys-museum nie.

Dit nadat DV Glas en Aluminium onlangs met ’n  helpende hand na die museum uitgereik het om gratis al die talle gebreekte ruite te vervang wat al vir jare ’n seer oog was om in vas te kyk by dié pragtige gebou.
Dit net omdat daar nie fondse was om dit te vervang nie. Selfs al die stofverf (putty) is nou nagegaan en vervang waar nodig. ’n  Reuse taak met 17 vensters wat vervang is, en 30kg se stopverf wat gebruik is. Dankie aan Giel en Ferdie Joubert vir hierdie gebaar van welwillendheid.

Werknemers van DV Glas & Aluminium wat hard gewerk het om al die gebreekte museumruite te vervang.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button