NewsNews

Waar is die water?

Inwoners moedeloos oor droë krane

Moedelose Parysenaars het al wat nommer is geskakel om te probeer uitvind waar die dorp se water vandag (Woensdag 29 Augustus) is? Maar helaas – geen antwoorde en steeds geen water nie.

Wat wel bekend is, is dat Parys se Watersuiweringswerke gistermiddag tydelik tot ‘n stilstand gekom het toe daar nie meer chemikalieë was nie. Daar is toe na wat betroubaar verneem is, by Koppies, chemikalieë gekry vir Parys se watersuiweringswerke en kon die waterwerke weer funksioneer.

Die vermoede is dat daar na gister se probleem by die watersuiweringswerke nie vinnig genoeg water gelewer kan word om die opgaardamme vol te kry nie. Wees daarom asseblief spaarsamig met die water en moet waar moontlik nie nou tuine natmaak nie. Dit gaan nog n wyle duur voordat almal water sal hê.

Gazette het nog geen amptelike verduideliking van die munisipaliteit ontvang oor waarom die krane droog is, of waarom die tekort aan chemikalieë nie. Daar is egter ook pyplekke waaraan tans gewerk word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button