NewsNews

Dis 100 vir il Quattro dié naweek

Hul 100ste konsert hierdie naweek.

Die baie talentvolle Suid-Afrikaanse groep, il Quattro, het hierdie naweek, 1 September om 21:30 hul 100ste konsert. Dié konsert word gehou by Hotel Platja Dór in Port de Alcudia, Mallorca, Spanje waar die groep tans toer. Die groep bestaan uit Tiaan Strauss, Mario Lategan, MJ Kellerman en Gustav Smit.

Om die 100 konserte mylpaal te haal is beslis harde werk – nie net vir die stembande nie, maar ook om energie op die verhoog uit te straal met ‘n minimum van 28 konserte wat elke maand deur die groep gedoen word. Daar moet gesprankel word en ‘n goeie, professionele liggaamstaal en ambiaans behou word, gesels Parysenaar, Tiaan Strauss, wat die jongste lid van die groep is.

Tiaan vertel vanuit Mallorca dat die vier groeplede baie gelukkig is om saam te werk. Hoewel hul uit verskillende agtergronde kom, vul hulle mekaar een honderd persent aan op die verhoog. Wat dit maklik maak om saam te werk, is die respek wat daar vir mekaar is en die feit dat dié vier dieselfde passie vir musiek deel.

“Ons verlang na Suid-Afrika. Dit is heeltemal anders  om vir ses maande hier te werk, as wat jy sou kom vakansie hou in die buiteland. Alles wat hier te lees is, is in Spaans, padreëls is anders, ander mense….ander geregte.”

En dan sê Tiaan –  niks kom by ‘n stukkie Suid-Afrikaanse Karoo skaaptjop of steak nie. “Hier is natuurlik vleis, maar dit kom nie naby Suid-Afrikaanse vleis nie”.

“Ek het nog nooit so baie gemengde nasionaliteite bymekaar gesien nie, grotendeels omdat die eiland so ‘n gewilde toeriste bestemming is – Britte, Skotte, Iere, Italianers, Russe, Pole, Duitsers, Skandinawiërs, Spanjaarde van die vaste land en Bulgarye, Swede, Dene, Hollanders, Argentyne en Slovakieërs.”

Somers is lieflik hier met temperature tussen 35 en 38 grade Celsius, en hoë humiditeit – tussen 80 en 95%. Gelukkig is die temperature nou laer, met die hittegolwe wat  verby is, en die seisoen wat na herfs begin draai, vertel Tiaan.

Hy sê die groep sien uit na die laaste beplande 44 konserte voor hul tyd in Mallorca verby is. Dit is nog nie seker wat die groep se planne vir Kerstyd en die Nuwejaar inhou nie.

Hoewel il Quattro die afgelope 10 jaar bestaan, het groeplede gewissel oor die jare. Hulle sing ligte klassieke musiek as debuut vir die groep il Divo, en sing in Spaans, Italiaans en Engels. In Mallorca is hulle by 13 verskillende venues gehoor.

Gaan luister gerus na hierdie talentvolle groep by https://youtube.be/gzJcol_UMsQ

Van die 13 konsert venues waar il Quattro in Mallorca optree.

Tiaan is in Februarie by die groep ingesluit en is ‘n oudskolier van Hoërskool Parys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button