NewsNews

Lekker familie rally-kuier by Weiveld vir rugbyklub en Epilepsie SA

Kom deel in die pret van die Weiveld Rally wat op 1 September gehou word as fondsinsameling vir die Parys-rugbyklub en Epilepsie SA.

Parys-rugbyklub samel jaarliks fondse in om te help met hoë brandstof uitgawes van die spelers. Sommige spelers ry ver om te oefen, en weg wedstryde is tussen 250-350km van Parys. Dit is ’n groot uitgawe vir die klub om al die spelers na en van wedstryde te vervoer, maar terselfdertyd ook ’n opoffering van spelers en klublede wat sorg dat die dorp se rugbyklub aktief bly en naam gemaak word met ligawedstryde.
Die klub het Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys betrek vir hierdie die groot fondsinsamelingsprojek sodat daar ook op hierdie manier teruggee kan word aan die gemeenskap.
Fondse wat met die Rally ingesamel word, sal gedeel word tussen Epilepsie en die rugbyklub, en terwyl die rugbyklub sy fondse sal gebruik om te help met vervoerkostes, wil die Epilepsie-sentrum ’n  badhyser koop wat gebruik kan word om gestremdes makliker in en uit die bad te tel.
Reeds vroeg in die jaar is met beplanning vir die dag begin.  Die Weiveld Boerevereniging het goedgunstiglik hul saal beskikbaar gestel vir die dag.
Die rally roete van tussen 40 en 50km, loop deur verskeie plase in die Weiveld-omgewing.
Die roete sluit 4 x 4 gedeeltes in vir die  meer waaghalsige ryer, maar ook ’n opsie vir dié nie-waaghalsiges. Roetes kan rustig gery word sonder om teen tyd te jaag.
Dit is ’n  familiedag vir die hele gesing met 14 stoppunte waar elke deelnemer aan ’n  aktiwiteit kan deelneem. By elke punt sal ’n  wenner aangewys word wat aan die einde van die dag bekendgemaak sal word.
Padaanwysings na die Boerevereniging-saal waar die Rally wegspring, sal vanaf die hoofpaaie sigbaar wees.
Gaan kyk ook na die Parys-rugbyklub se Facebook-blad om die koĂśrdinate en pin allokasies te kry vir die saal.
Registrasies sal op 1 September om 7:00 by die Boereverenigingsaal begin, en die eerste motorfietse sal vanaf 7:30 begin wegspring. Voertuie sal vanaf 8:00 wegsrping, minute uit mekaar uit. Registrasies sluit om 10:00 by die saal en die laaste voertuie spring 11:00 weg. Die roete neem ongeveer drie en ’n  half ure om te  voltooi.
Omdat dit nie ’n  renbaan is nie, sal ’n  Rally-wenner nie aangewys word nie.
Daar sal dwarsdeur die dag eet- en drinkgoed te koop wees by die saal vanaf 7:00 tot laat.
’n  Halfweghuis sal ook die honger stil met ‘n heelike boereworsrolletjie,
koeldrank of selfs ys wat te koop sal wees.
By die saal sal daar die aand verskeie bykosse beskikbaar wees, geroosterde toebroodjies, burgers, worsbroodjies, yankees, braaipakkies as jy wil braai, ’n  snoepie en malvalekkers op stokkies vir die kinders om te braai. Die aand by die saal is verskei kosse beskikbaar,
Kom kuier saam met familie en vriende die aand om die vure met lekker mussiek, braaiers en hout wat beskikbaar sal wees. Bring net jou eie eetgerei, kampstoel  en piekniekmandjie.
Vir navrae oor die Rally skakel Rose by 082 881 5210 of  Gary by 082 378 2870.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button