NewsNews

“Dit sal nie geduld word nie” sê NWU oor plakkaat

“Dit sal nie geduld word nie” sê NWU oor plakkaat

Die Noordwes Universiteit het in reaksie op ‘n plakkaat wat Afrikaans aanval gesê dat sulke insidente nie geduld sal word nie.

“Tydens ‘n vreedsame inligtingsessie wat hulle (die EFF) vandag (27 Augustus) op die kampus gehou het, het hulle nie by die voorwaardes soos gestipuleer in die goedkeuring wat hulle ontvang het, gehou nie,” het Louis Jacobs woordvoerder van die universiteit gesê.

Jacobs het vroeër aan die Herald gesê dat die EFF toestemming gekry het om ‘n inligtingsessie op die onderwyskampus te hou.

“Die vertoon van ‘n plakkaat wat Afrikaans aanval, is nie net teen die waardes en taalbeleid van die NWU nie, maar is ook ‘n oortreding van alles waarvoor die NWU staan. Insidente van hierdie aard word in die sterkste moontlike terme veroordeel en sal nie geduld word nie. Die aangeleentheid word dringend deur die Kampus-studenteraad hanteer,” het Jacobs

Jacobs het benadruk dat daar glad nie ‘n optog op kampus was nie en dat geen student se veiligheid op enige stadium in gedrang was nie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button