NewsNews

CA 11163 – Ons soek jou!

CA 11163 – Ons soek jou!

VANDERBIJLPARK. – Die polisie is opsoek na die bestuurder van ‘n wit Landrover voertuig, waarvan die tipe onbekend is en wat Saterdagaand 25 Augustus net na 22:00, in ‘n ongeluk betrokke was op die kruising van die R42 en R57 (Kruising van die dood).

Die bestuurder van die voertuig het egter sy nommerplaat as aandenking agtergelaat. Volgens die bestuurder van ‘n Honda Civic was hy en sy vriendin van Vaalpark se rigting op die robot kruising besig om in die rigting van Vereeniging te draai toe die voertuig van Johannesburg se rigting hul voertuig aan die linkervoorkant tref. Die bestuurder van die wit Landrover voertuig het egter versuim om by die ongelukstoneel te stop en het in die rigting van Sasolburg van die toneel af weggejaag. Die bestuurder van die Honda en sy vriendin is gelukkig nie beseer nie.

Die polisie soek na die eienaar van die voertuig met registrasienommer CA 11163. Die eienaar van die Landrover word gevra om met die polisie op Vanderbijlpark in vebinding te tree. Die naam van die eienaar is aan die media en polisie bekend.

Die Honda Civic wat aan die linker voorkant beskadig is in die botsing.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button