NewsNews

Visvrektes en besoedeling van die Vaal: Kom luister wat gesê word en gesels saam

Onthou die Vaal Action Group se publieke vergadering hierdie Saterdag, 25 Augustus om 11:00 in die NG Parys-Wes kerksaal.

Onthou die Vaal Action Group se publieke vergadering hierdie Saterdag, 25 Augustus om 11:00 in die NG Parys-Wes kerksaal.
Die vergadering is nie net vir mense van Parys nie, maar ook omliggende dorpe wat belang het by die Vaalrivier, om mense in te lig oor strategieë wat voorgestel word ten opsigte van die kwessie rondom die visvrektes en rioolbesoedeling van die Vaal.
Die Vaal Action Group is gestig as vrywillige organisasie met die doel om alle natuurlike hulpbronne in Suid-Afrika te beskerm.
Vir nou fokus hulle op die Vaalrivier en wil hulle sien dat die besoedeling, hetsy rommel, riool of nywerheidsafval in die Vaalrivier, gestop word. Dan moet rehabilitasie van die rivier gedoen word, en stelsels in plek gekry word om die rivier te monitor.
Die groep wil nie betrokke raak by politieke agendas nie, en is lidmaatskap tot die groep heeltemal vrywillig en gratis. Geen geldelike bydraes word gevra nie. Lede getalle help egter om die groep se stem te laat tel in hul poging om die land se waterbronne te beskerm.
As jy by die Vaal Action Group wil aansluit, gaan na www.vaalactiongroup.co.za en volg die stappe.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button