NewsNews

Township-ete met ‘n twist

Al gehoor van ’n Township-ete met ’n Twist? ’n Smaakervaring uit die boeke waarin jy beslis moet deel .

Parys – Al gehoor van ’n Township-ete met ’n  Twist? ’n Smaakervaring uit die boeke waarin jy beslis moet deel op 7 September by Casa Cara Lodge.
Maar hoekom die ete en waarom is jou ondersteuning nodig? Dit raak vandag al moeiliker vir bejaardes, maar ook hul families om te help met bydraes vir hul ouers se losies by tehuise vir bejaardes.
Dit terwyl die tendens is dat mense se ouderdom en lewenskwaliteit verhoog en baie se kinders ook reeds op pensioen is (Lees ook berig op bl. 8). Hierdie scenario is ook waarmee die AM Oosthuizen Tehuis vir Bejaardes in Parys dikwels  gekonfronteer word. Daarom dié ete as fondsinsamelingsprojek om fondse in te samel vir die bejaardes wat nie hul volle losies kan betaal nie. Daar word staat gemaak op die goedheid van die gemeenskap, en is daar reeds ’n  koopbewys van Checkers ontvang vir die aankope vir hierdie unieke ete. Kaartjies kos slegs R150 per persoon.
Daar gaan heerlike versnaperings en ook ’n driegang maaltyd wees. Die aand sal daar saamgekuier word met Jacques Botes, Truter Odendaal en Chrisaxo. Na afloop van die ete sal daar ‘n veiling wees van verskeie antieke of waardevolle items. Items wat reeds ontvang is vir die veiling is ‘n skildery, ‘n kunsreeks met skilderye, ‘n muurklok, verskeie kleiner antieke breekware, Switserse whiskey en verskeie wynsoorte.
Wie is Amot (Andries Marie Oosthuizen Tehuis vir Bejaardes):
Die tehuis is gestig deur die NHSV, die sustersvereniging van die Hervormde Kerk, met die amptelike onthulling wat op 20 April 1985 gedoen is. Dienste wat gelewer word naas akkommodasie en versorging van die bejaardes, sluit in arbeidsterapie, maatskaplike dienste, ’n haarsalon, biblioteek, snoepie, aktiewe verouderingsprogram, jukskei, veerpyltjies en verskeie bordspeletjies.
Op spesiale dae word die inwoners bederf met ‘n funksie of heerlike ete. Die tehuis kan 25 volledige sorg bejaardes, en 40 ander inwonende bejaardes in die hoofgebou akkommodeer, terwyl daar ook 22 woonstelle op die perseel is waarvan ses huureenhede is, en 16 woonregeenhede.
Navrae kan per e-pos gestuur word aan amotbest@otmt.org of skakel 078 070 5200. Indien jy belangstel om ’n donasies te gee of vrywillige dienste kan lewer, sal dit hoog op prys gestel word.

Related Articles

Back to top button