NewsNews

Parys Hoërskool en die gemeenskap sal haar altyd onthou

Parys Hoërskool en die gemeenskap sal haar altyd onthou

Parys Gazette se opregte medelye met die afsterwe van mev. Alta van Wyk, eggenoot van Lou van Wyk, bekende prokureur van Parys.
Alta was vir baie jare verbonde aan Hoërskool Parys en was alom bekend en geliefd onder haar kollegas en die leerders.
Sy het vroeër jare veral handelsvakke aangebied, maar het haar onderwysloopbaan in 2014 afgesluit met Lewensoriëntering, toe sy met vervroegde pensioen afgetree het weens swak gesondheid.
Sy het besondere deernis gehad vir elke leerder, veral vir dié wat swaargekry het, en het aan soveel leerders emosionele en selfs finansiële hulp verleen. Sy sal onthou word vir haar besondere sin vir humor, haar hulpvaardigheid en hope energie – om nie te praat van haar slag in die kombuis, waar sy uit iets doodgewoon ‘n smaaklike dis kon optower nie.
Op die netbalveld was Alta ‘n legende. Sy het jaar na jaar met haar groot liefde en passie vir die spel soveel leerders inspireer om hul beste te gee.
Die skool betreur haar skielike heengaan en wil graag hul diepste meegevoel betoon aan haar man, kinders en kleinkinders.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button