NewsNews

Leiwater uit dam dan só besoedel

Leiwater uit dam dan só besoedel

Leiwater moet vanaf September weer deur die Ngwathe munisipaliteit aan inwoners van Parys voorsien word. ’n  Voorreg wat min dorpe in die land het, veral in waterskaars tye.
Maar rioolwater loop gedurig in die Rooidam in Derdelaan in waaruit die leiwater onttrek word, wanneer die Tokoloho-rioolpompstasie oorloop. Hoewel van die rioolwater eers in die dam beland voor dit uiteindelik in die rivier inloop , beland daar ook van die rioolwater direk in die Mimosa-spruit as gevolg van lekke in die leivoor tussen die pompstasie en die dam. Die spruit loop by die Mimosa Tuine ook direk in die Vaalrivier in. Die afgelope naweek het Tokoloho-pompstasie weer oorgeloop.


Die vraag is nou of die besoedelde water behandel gaan word alvorens leiwater voorsien word.

Related Articles

Back to top button