NewsNews

Groep sleep NG Kerk hof toe oor gay besluit

'n Groep NGK lidmate vandag (21 Augustus) voortgaan met 'n aansoek in die hooggeregshof om die NGK se jongste besluit oor selfdegeslagverhoudings ongrondwetlik te verklaar.

Netwerk24 berig dat ‘n groep NGK lidmate vandag (21 Augustus) voortgaan met ‘n aansoek in die hooggeregshof om die NGK se jongste besluit oor selfdegeslagverhoudings ongrondwetlik te verklaar. 

Die kerk het in 2015 besluit dat elke gemeente self kan besluit of hulle gay verhoudings erken, gay lidmate aanvaar, gay paartjies trou of gay predikante aanstel. 

Dié besluit is in 2016 deur die sinode ter syde gestel. 

Dr. Frits Gaum, voormalige redakteur van die Kerkbode, sy seun Laurie Gaum, Judith Kotzè en Michelle Boonzaaier het die aansoek gebring. Hulle tree namens agt ander lede op. 

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KVG) het hulle gewig agter dié lidmate gegooi. Die KVG vra dat die hof ‘n beslissing moet maak dat geen kerk of geloofsgroep by magte is om vir of teen selfdegeslagverhoudings te besluit nie. Volgens die KVG is dit ongrondwetlik omdat kerke teen mense diskrimineer. 

Die Alliansie vir Verdediging Suid-Afrikaanse Kerke se Onafhanklikheid (Adacsa) meen dat die KVG se aansoek inbreuk maak op kerke se grondwetlike reg tot vryheid van geloof.

Adacsa meen dat, sou die hof in die KVG se guns bevind, alle kerke gedwing kan word om ‘n geloofsleer te aanvaar wat mag indruis teen hul geloofsoortuigings en vertolking van die Bybel. 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button