NewsNews

Groot skade na protes in Heilbron

Groot skade na protes in Heilbron

Heilbron is die afgelope week in chaos gedompel met groot skade weens betogings en onrus in dié Vrystaatse dorp.

Skade is aan munisipale geboue en privaat-eiendom aangerig, met ontevrede inwoners wat eiendom geplunder het uit woede omdat Heilbron-inwoners glo nie in poste in die munisipaliteit aangestel word nie. Die munisipaliteit stel glo net werkers van Parys aan, word gesê.

 Die Vryheidsfront Plus het in antwoord hierop gesê die ANC gaan in aanloop tot die verkiesing in 2019 dit toenemend moeilik vind om gerugte van korrupsie in die kiem te smoor.

“Die ANC se gebrek aan prioriteit om munisipaliteite reg te ruk, skep die indruk dat die regerende party nie wil hê munisipaliteite moet effektief funksioneer nie. Dit is ‘n gevaarlike benadering, want sentralisering van regering sal meer ongelykheid en spanning tussen gemeenskappe veroorsaak.  Die spanning is reeds sigbaar in Heilbron,” sê die party.

Die VF Plus het in Julie vanjaar die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, versoek om  gerugte van tender-onreëlmatighede  te ondersoek na gerugte dat familielede van prominente ANC-figure, waaronder die party se sekretaris-generaal, Ace Magashule, en die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela glo na bewering onregverdig bevoordeel is in die toekenning van kontrakte van ‘n provinsiale kontrakteursontwikkelingsprogram.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button