NewsNews

Privatisering van rioolwerke nou nodig

Privatisering van rioolwerke enigste oplossing vir wanfunksionerende munisipaliteite.

Vissterftes in die Vaalrivier is bewys van die erge besoedeling wat dié waterstelsel se totale ekosisteem nou bedreig, terwyl ʼn oënskynlik ongeërgde regering ontken dat daar ’n wesenlike lewensbedreigende probleem vir mens en dier bestaan wat van dié water afhanklik is.
So sê die Vryheidsfront Plus, wat meen dat hoewel die besoedeling van die stelsel goed gedokumenteer is, die nasionale departement van water en sanitasie die probleem verdoesel deur te beweer die vissterftes die gevolg is van ‘n daling in temperatuur en tekort aan suurstof in die water.
Die party sê die waarheid is dat die besoedeling van die Vaalrivier en ander waterbronne in die land deel is van die onbevoegdheid, wanbestuur en korrupsie wat munisipaliteite landwyd in duie laat stort.
Die VF Plus stel voor dat die enigste oplossing vir Suid-Afrika se rioolkrisis, die privatisering is van rioolaanlegte.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button