NewsNews

R59: Chaos binne sekondes

R59: Chaos binne sekondes

Een van die slagoffers, mnr. Eloff Kritzinger, was soos gewoonlik op pad huis toe na werk, onbewus van wat vir hom voorlê. So ‘n entjie na die Meyer-afrit, rigting Vereeniging, het die twee voertuie voor hom skielik begin remme aanslaan en na die regterkant uitgeswaai.

Hy het in die daardie stadium niks ongewoon opgemerk nie, maar ook aansienlik stadiger begin ry. “Ek het ‘n massiewe slag gehoor en daar was glasstukkies oral. Nog ‘n klip het my windskerm getref. Binne sekondes was daar chaos op die pad soos wat al die motoriste probeer stop en omdraai en klippe het van alle kante gekom.”

Mnr. Kritzinger het ‘n U-draai oor die middelman van die pad gemaak voor nog klippe hom kon tref.

“Daar was seker so 12 voertuie wat beskadig is waar ek gestop het en die bestuurder van ‘n Subaru het ernstige beserings opgedoen met die klippe wat hom getref het. Dit is ‘n skrikwekkende ondervinding. Ek was regtig erg geskok, want ek het nie so iets verwag nie.” sê hy.

Mnr. Kritzinger het ‘n saak by die Meyerton-polisie aanhangig gemaak. Die skade aan sy bakkie beloop sowat R10 000. Hy ry steeds elke dag die pad, maar is senuweeagtig. Ek ry nou aan die linkerkant van die pad en maak seker ek observeer sodat so iets nie weer met my gebeur nie,” sê hy.

Related Articles

Back to top button