NewsNews

Nuwe stromingdiens te goed om waar te wees nuutste slenter

'n Nuwe stromingdiens wat beweer dat hulle miljoene van Netflix se gebruikers weglok is 'n skerm vir bedrog.

‘n Nuwe stromingdiens wat beweer dat hulle miljoene van Netflix se gebruikers weglok is ‘n skerm vir bedrog.

Netwerk24 berig oor dié stroomdiens wat op die Facebookblad, Movie Tweak adverteer word. Volgens Netwerk24 is die nuwe stroomdiens Silverscreen genoem.

Silverscreen is egter nie ‘n erkende stroomdiens nie. Wanneer jy op die stroomdiens wil registreer word jy na ‘n webtuiste genaamd Movie Boss herlei. Hier moet jy jou e-pos adres en kredietkaart besonderhede invul.

Dit adverteer films en televisiereekse wat maklik en vinnig op enige toestel kan werk.

Daar is egter geen inhoud wat gebruikers kan kyk op die webtuiste nie.

Volgens die webtuiste Onlinethreatalerts verhaal die webtuiste ongeveer R820 vir die “diens” wat gebruikers nooit kry nie. Die geld word slegs elke maand van jou kredietkaart verhaal. Volgens een gebruiker het hy ook al menigte maal sonder sukses die diens probeer kanselleer.

Slagoffers van dié slenter word aangeraai om hulle banke te kontak.

Related Articles

Back to top button