NewsNews

‘Bloulig-boewe’ buite beheer op N12

Daar is nou reeds vier kapings deur die berugte ‘bloulig-boewe’ op die N12 gerapporteer.

’n Vierde kaping deur die berugte ‘bloulig-boewe’ is op die N12 aangemeld Al vier kapings het in minder as ’n maand plaasgevind.

Die jongste voorval op 1 Augustus was omstreeks 12:45  toe mense wat in ’n wit Hyundai bakkie wat vanaf Potchefstroom na Brits gery het, voorgekeer is.
Die slagoffers het aan die polisie gesê hulle is na die voorval na Lenasia ontvoer. Die Lenasia polisie het hulle teruggebring na Potchefstroom waar hulle die saak gerapporteer het.
Die polisie het motoriste weer eens gewaarsku om op hul hoede te wees vir sowat vier mense met polisie- of verkeersbeampte-uniforms in ’n wit Volkswagen Polo met ’n blou lig op die dak.
Die modus operandi is dat hulle motoriste deur die dag op die N12 voorkeer terwyl hulle hulself as polisie- of verkeersbeamptes voordoen.
In twee voorvalle is die slagoffers se hande met skoenveters vasgebind, in die Polo se kattebak gelaai en dan iewers buite Potchefstroom afgelaai.
In ’n voorval op Vrydag 27 Julie omstreeks 14:30 is dieselfde modus operandi gevolg, waarna die slagoffer by ’n myn naby Burgersdal in Randfontein afgelaai is.
Met ’n ander slagoffer is tot in Soweto gery waar hulle hom eers vir vier ure in die kattebak gehou het voordat hulle hom daar gelos en weggery het.
Die polisie sê hulle is op die uitkyk vir dié wit Polo. Hulle sê motoriste moet op hul hoede wees. Indien mense onseker is of die beamptes wat hulle voorkeer werklik wetstoepassers is, moet eerder na byvoorbeeld die naaste polisiestasie, ’n vulstasie of ’n ander openbare plek gery word waar daar baie mense is.
Indien iemand ’n wit Polo met ’n blou lig langs die N12 sien moet hulle die registrasienommer neerskryf en die polisie by (018) 299 7477 skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button