NewsNews

Sterrekyk op sy mooiste Saterdag in die Koepel

Moenie dié sterrekyk-uitstappie misloop nie.

Vredefort – Komende Saterdag is nuwemaan, en die sterrehemel in die Vredefort Koepel behoort besonder helder te wees.  Moet daarom nie Frik le Roux van die Sterrekundevereniging van Pretoria se sterrekykuitstappie, Saterdag 11 Augustus by die sterrewag op Deelfontein misloop nie. Die uitstappie begin om 19:00 met ‘n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag. Planete wat tans sigbaar is, is Mars, wat besonder naby aan die aarde is en dus baie groot vertoon, asook Jupiter, en Venus. Die uitstappie kos R100 per persoon. Bring warm klere en skoene saam. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar.  Meld asseblief per e-pos aan by gerhard@deelfontein.co.za of per SMS na 083 280 9784, as jy die uitstappie wil bywoon.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button