NewsNews

‘n Groot glimlag van dankbaarheid

Dit gaan sommer baie beter met klein Shaun Breedt (7), die graad 1 seuntjie van Parys Primêre skool wat verlede Vrydagmiddag ernstig beseer is toe ’n  betonblok op hom geval het. Albei Shaun se bene en sy regtervoet is gebreek, terwyl sy pelvis ook op 2 plekke gebreek is.  Hierbenewens het sy lewer seergekry en was daar …

Dit gaan sommer baie beter met klein Shaun Breedt (7), die graad 1 seuntjie van Parys Primêre skool wat verlede Vrydagmiddag ernstig beseer is toe ’n  betonblok op hom geval het.

Albei Shaun se bene en sy regtervoet is gebreek, terwyl sy pelvis ook op 2 plekke gebreek is.  Hierbenewens het sy lewer seergekry en was daar inwendige bloeding.
Shaun is Maandag geopereer om penne in sy voet en linkerbeen te sit.
Wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word, wag daar egter nog ’n  baie lang pad vir Shaun wanneer hy waarskynlik vir eers met ’n  rolstoel oor die weg sal moet kom, en heelwat fisioterapie sal nodig hê.

Maar sy maatjies en soveel mense se liefde en ondersteuning help beslis om die lang ure in die bed om te kry. Shaun het in ‘n stemboodskap dankie gesê vir elkeen wat ’n  bydrae gemaak het tot die kartonboks vol klein bederfies, briefies en speelgoed wat vir hom gestuur is. Die foto is geneem nadat hy pas die bederfies ontvang het.
Daar sal gepoog word om nou elke week ’n pakkie vir Shaun te stuur om die lang ure in die hospitaal makliker te maak. As jy ietsie vir Shaun wil stuur, kan jy dit afgee by Mavis Steyn by die  ABC Naskoolsentrum op die Blikoortjies-perseel, of by Parys Primêre skool.
Daar is ook ’n  trustrekening vir Shaun geopen wat aangewend sal word vir Shaun se rehabilitasie wat insluit sy rolstoel, fisio en ander hulpmiddels wat hy sal benodig om volkome te kan herstel.
As jy ’n  bydrae wil maak in die trustrekening is die besonderhede as volg: Du Toit Mandelstam, Standard Bank Trustrekeningnommer 040943526, takkode 055736. Gebruik asseblief die verwysing – Bam

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button