NewsNews

Dié instansies kan ook korting kry op erfbelasting

Skriftelike aansoeke moet voor 31 Augustus by die munisipaliteit ingedien word

Parys – Instansies soos ouetehuise, welsyns-, kulturele-, sport- en ander nie-winsbejag organisasies, moet kennis neem dat hulle volgens munisipale belastingwette verplig is om erfbelasting te betaal.
Daar kan egter wel aansoek gedoen word vir korting op erfbelasting.
Skriftelike aansoeke moet voor 31 Augustus by die munisipaliteit ingedien word om in aanmerking te kom vir korting vir die finansiële jaar wat op 1 Julie vanjaar begin het.
Applikante moet verkieslik hul aansoeke in duplikaat invul en ‘n afskrif deur die munisipaliteit laat stempel wanneer dit ingedien word, as bewys van ontvangs daarvan.
Applikante moet ook ’n sertifikaat hê van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat bevestig dat die instansie daar geregistreer is vir vrystelling van betaling van inkomstebelasting, voordat die instansie vir korting op erfbelasting sal kwalifiseer.
‘n Afskrif van die belastingvrystellingsertifikaat moet by die aansoek aangeheg word

Related Articles

Back to top button