NewsNews

VIDEO: Paws vind babahond in asblik

'n Babahond is vanoggend (6 Augustus) omstreeks 11:00 in 'n drom gevind.

‘n Babahond is vanoggend (6 Augustus) omstreeks 11:00 in ‘n drom gevind.

Volgens Errol van Niekerk, inspekteur by Paws, is hulle in kennis gestel dat daar ‘n babahond op ‘n plaas buite Potchefstroom in ‘n drom aangehou word.

Van Niekerk is uit na die plaas toe waarna die hondjie uit die drom bevry is. Volgens hom is die hond by een van die plaaswerkers se huis gevind.

“Die werker het aanvanklik ontken dat hy enige kennis van die hond dra maar het later erken dat dit sy dogter se hond is maar dat sy nie tuis is nie,” het Van Niekerk gesê.

Volgens hom blyk dit dat die hond in die drom gelos word wanneer niemand tuis is nie.

“Alhoewel daar bosluise op die hondjie gevind is, is sy kondisie nie te sleg nie en daar was stukke kos by hom gewees. Dit is ʼn baie vriendelike hondjie,” het Van Niekerk gesê.

Paws het die hond gevat waarna hy gebad is en tans deur hulle veearts behandel word.

Volgens Van Niekerk is hulle besig om ‘n saak van dieremishandeling teen die werker en sy dogter te ondersoek.

Kyk die video hier:

Related Articles

Back to top button