NewsNews

#FeesMustFall: Verslag wys studies moet geld kos

Verslag wys studies moet geld kos

Onlangse Navorsing toon dat 92% van afgestudeerde studente meen dit is die moeite werd om self verantwoordelikheid vir jou studiegelde te neem – selfs al betaal hul nog self aan hul studies af.

Dit is van die bevindinge wat blyk uit ‘n navorsingstudie wat Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum onder 300 afgestudeerde studente wat tussen 2015 en 2017 gestudeer het, gedoen het. Hierdie studente is almal deur die Studiefondssentrum met rentevrye studielenings gehelp om te studeer.

Die doel van die verslag was om  ongeveer 300 afgestudeerde studente wat tussen 2015 en 2017 deur Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum gehelp was om te studeer te volg, en uit te vind tot watter mate hul studies hulle beroepe bevorder het.

“Dit is opvallend dat alhoewel 74% van die kandidate nog  die finansiële las voel om elke maand hul studieskuld af te betaal,  hulle steeds van mening is,  dat dit die beste is om self aanspreeklikheid vir hul studiekostes te aanvaar” het Stefan Pieterse, Hoof van Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum gesê. Dit is verder opvallend dat die werkloosheidsyfer onder hierdie studente  slegs 7,39% is, in vergelyking met die nasionale gemiddeld van 26,7%.

Volgens Piet le Roux, Uitvoerende Hoof van Sakeliga, “kos sogenaamde gratis tersiêre onderrig natuurlik nie niks nie. Dit is beter dat individue en gemeenskappe vrywillig voorsiening maak vir die befondsing van verdienstelike studente se studies.”

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum bied reeds sedert 2008 finansiële studiehulp in die vorm van rentevrye studielenings aan behoeftige studente en het oor die afgelope tien jaar R156 miljoen bestee om 4 230 behoeftige studente se studies aan tersiêre instellings regoor Suid-Afrika moontlik te maak.

“Ons droom is dat elke student wat wil studeer moet kan studeer, maar die navorsing het weer bewys dat enige iets van waarde, met ‘n prys kom. Opleiding is natuurlik geen uitsondering tot die reel nie, het Pieterse afgesluit.

Vir meer inligting oor die Studiefondssentrum kan studente https://studiefonds.co.za besoek of ’n epos na sfs@helpendehand.co.zastuur.

Related Articles

Back to top button