VANDERBIJLPARK. – Die omstrede R57 tussen Vanderbijlpark en Sasolburg het weer die lewe van ‘n voetganger geeïs nadat ‘n motorfietsryer ‘n vrou gister, 2 Augustus, onder die brug by Flora Gardens raakgery het.
Die ongeluk het ongeveer 06:30 gebeur toe vrou in haar laat twintigs of vroeë dertigs, voor die motorfietsryer wat in die rigting van Sasolburg op pad was, oor die pad gehardloop het. Die vrou is opslag dood nadat haar linkerbeen afgeruk is.
Die motorfietsryers is ernstig beseer en is op die toneel deur ER24 paramediese personeel behandel en na die hospitaal geneem vir behandeling. Hy het sowat 70m van die inpakpunt gelê. Die motorfiets, wat ‘n ent verder af as sy bestuurder gelê het, het baie skade opgedoen. Verkeer in die rigting van Sasolburg was ‘n tyd lank ontwrig terwyl forensiese deskundiges hul afmetings en fotos op die toneel gedoen het.
Die polisie ondersoek die saak.
FOTOS: Jannie du Plessis en Johanna Strydom