NewsNews

Emfuleni-inwoners moedeloos oor dienste

 Dreig met betalingsboikot

Die burgemeester van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Vanderbijlpark, Vereeniging, Sebokeng, Drie Riviere), mnr. Jacob Khawe, stel oënskylink  nie belang in die welstand van dié dorp se inwoners nie. So sê die VF Plus in ‘n verklaring vandag.

‘n Groep inwoners het byna ‘n maand gelede ‘n versoekskrif met 7 000 handtekeninge, by die burgemeester se kantoor ingehandig waarin gevra is vir ‘n openbare vergadering om probleme te bespreek. Van sy onderneming om binne sewe dae terugvoer te gee, het egter niks gekom nie.

Khawe het wel by geleentheid erken dat Emfuleni onbestuurbaar geword het weens die groot skuldagterstand aan Eskom en Randwater. Die munisipaliteit se skuld aan Eskom beloop R650 miljoen en aan Randwater R400 miljoen.

Inwoners sukkel om die hoë dienstegeld te betaal terwyl daar feitlik geen dienste gelewer word nie.

Die VF Plus kan daarom nie inwoners kwalik neem as hulle weier om verder vir dienste te betaal nie.

Related Articles

Back to top button