NewsNews

Beveg die koue met lekker warm kos en meer

Raak die koue een te veel vir jou of wil dalk net van die huis of allerdaagse spanning ontsnap?

Raak die koue een te veel vir jou of wil dalk net van die huis of allerdaagse spanning ontsnap? Dan is die Rooy Food Market net die plek waat jy Sondag moet wees!

Die Rooy Food Market vind komende Sondag, 29 Julie van 10:00 tot 15:00 by die van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat plaas. Soos altyd is toegang gratis. Plaaslike kunstenaars gaan die atmosfeer vir die dag skep terwyl daar te kies en te keur is tussen verskillende soorte kosse, drinkgoed en nageregte. Met disse soos Lip-lek-lekker Thai kosse, Waffle on a stick, biltong en Maleise lamskerrie of geurige kerrie en rys, is hierdie mark vir almal – vir vegetarieërs, vleiseters en suikerbeheptes.
Vir die fynproewers is daar ook boetiekbier, wyne en selfs lekker gluwhein beskikbaar wees.
Vir die kleinspan is daar ‘n poppekas, sprokiesagtige gesigverf en ‘n springkasteel asook lekker inkleurvermaak.
By die stokperdjie en handgemaakte afdeling is daar pragtige handsakke, varswater pêrels, beursies en handsakke beskikbaar. Daar is ook juwele, messe, natuurlike handgemaakte velprodukte, natuurlike lyfprodukte en kerse. Terwyl markgangers rustig sit en al die wonderlike geure van die kookpotte om hul geniet sal Wandre hul met sagte klanke vermaak. Bring vriende en familie, want hierdie mark is uit die boonste rakke.Die volgende Rooy Food Market is 26 Augustus. Vir navrae skakel Tania by 079 918 2092.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button