NewsNews

Harte oop vir Jansenville boere in nood

Die skenkings is net van mense van Parys en omliggende dorpe wat nie geskroom het om te gee om so ook ander te help nie.

Danksy soveel omgee harte kon altesaam 44 ton se nie-bederfbare voedsel, bale voer en selfs hondekos verlede week na die boere van Jansenville geneem word om hulp te verleen aan die mense van dié distrik wat soos ander dorpe in die land, swaar onder die ergste droogte in jare gebuk gaan.
Die skenkings is net van mense van Parys en omliggende dorpe wat nie geskroom het om te gee om so ook ander te help nie. Die vrag is met twee vragmotors en twee bakkies op 17 Julie in Jansenville afgelaai.

Mense het selfs gehelp om vragmotors beskikbaar te stel om die skenkings te kon vervoer.

Dit is ’n hulpaksie wat in net twee weke gereël is deur Ras van den Heever en Neels Steyn. In Jansenville is die skenking aan die Burre Burger droogtehulpfonds-projek oorhandig, vanwaar die kospakkies en voer verder versprei sou word. Die Burre Burger droogtehulpfonds-projek het aanvanklik in Calvinia begin en toe uitgebrei na ander plekke soos Bitterfontein, Eksteenfontein, Brandvlei, Kliprand, Pofadder, Vredendal en nog vele meer. Dankie aan elkeen wie se hart oop was vir die nood van mens en dier. Elke bydrae het verseker ’n verskil gemaak. Besondere dank aan Corné en André Oosthuizen wat die vragmotors beskikbaar gestel het om die skenkings te kon vervoer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button