NewsNews

Selfs kleinbek geelvis vrek in Vaalrivier

Die eerste dooie kleinbek geelvis is ook vanoggend sowat 20km stroomaf van Parys in die Vaalrivier gesien. Dit volg nadat talle foto’s en video’s sedert verlede Woensdag instroom na die Gazette van lesers wat die dosyne dooie visse en bruin skuim op die water opmerk. Departement Waterwese het Dinsdag monsters van die rivierwater op verskillende …

Die eerste dooie kleinbek geelvis is ook vanoggend sowat 20km stroomaf van Parys in die Vaalrivier gesien. Dit volg nadat talle foto’s en video’s sedert verlede Woensdag instroom na die Gazette van lesers wat die dosyne dooie visse en bruin skuim op die water opmerk.

Departement Waterwese het Dinsdag monsters van die rivierwater op verskillende punte in Parys geneem en daar word nou gewag op die uitslag van die toetse. Talle berigte van rioolbesoedeling van die Vaalrivier is die afgelope twee weke deur Gazette gepubliseer.

Lees ook die voorblad van hierdie week se Parys Gazette.

Foto’s: Johan Smit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button