NewsNews

Rioolpyplyn onder Wesstraat: Vrae dalk beantwoord

Hierdie kan jou raak.

Die nuwe riooluitval-pyplyn vanaf Tumahole na die rioolaanleg wes van die ou begraafplaas is nodig, en die mees ekonomiese roete is ongetwyfeld onder Wesstraat.
Só het mnr Emile Klopper van Virtual Consulting Engineers Maandag gesê, op die tweede openbare deelname-vergadering oor die projek.
Hy is een van twee raadgewende ingenieurs vir die beplande vergroting van Parys se rioolplaas. Hy het verduidelik die aanvanklike roete was wes van Allenbystraat, onder oop veld, na ‘n stortingspunt nege meter onder die vlak van die rioolaanleg se inlaat.
Dit sou meebring dat riool deurlopend teen ‘n helling na die inlaat opgepomp moet word, met aanvanklike pompkoste van ‘n halfmiljoen rand per jaar.
Die koste sou elke jaar verhoog, as Eskom se prysstygings in ag geneem word. “Na tien jaar sou die pompkoste dalk R7m per jaar wees.”
Om pompkoste uit te skakel, en slegs gravitasievloei te benut, is daarna op die roete onder Wesstraat besluit.
DA-raadslid Arnold Schoonwinkel het verlede week verskeie skriftelike vrae oor die nuwe roete ingedien, en die ingenieurs, asook Ngwathe se Tegniese Direkteur, mnr N Thobela, het op die vrae reageer. Hulle moes ook bontstaan onder talle kritiese vrae van die sowat veertig belastingbetalers.
Uiteindelik is besluit dat twee Parys-sakelui, mnre Andries Frey en Saal de Jager, sal dien op die oorsigkomitee oor die projek, en dat hulle teen gister voorsien sou word van uitstaande antwoorde op sommige vrae.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button