NewsNews

Voetganger dood op N1 afrit

Voetganger dood op N1 afrit

Foto: Johanna Strydom

VANDERBIJLPARK. ‘n Voetganger is gisteraand 23 Julie op die N1 afrit na Vanderbijlpark doodgery toe hy voor ‘n aankomende voertuig beland het.

Die voorval het ongeveer 21:30 gebeur toe ‘n Hyundai Velocity, met twee insittendes die voetganger raakgery het. Die manlike voetganger, heel moontlik in sy dertigs, is opslag dood en is deur ER24 op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die Hyundai en sy passasier was ongedeerd. Die SAPD en die forensiese afdeling was op die toneel en die toneel was binne twee en ‘n halwe uur opgeruim.

Die SAPD ondersoek die voorval.

Fotos: Johanna Strydom

Related Articles

Back to top button