NewsNews

Kyk net wat sê verslag is top vyf studierigtings

Watter studente het die maklikste werk gekry en wie se salarisse het die vinnigste gegroei.

’n Onlangse navorsingsverslag toon dat studente in die IT-bedryf se salarisse die vinnigste groei, dat al hoe meer studente in die ambagte en beroepsopleiding kwalifiseer, en dat studente met ’n BCom Finansiële en Bestuursrekeningkunde die maklikste werk kry.
Dit is van die bevindings wat in ’n onlangse navorsingstudie deur Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum gemaak is, waaraan ongeveer 300 jong werkendes regoor SA wat tussen 2015 en 2018 afgestudeer het, deelgeneem het.
Beginsalarisse, hoe lank dit kandidate geneem het om werk te kry nadat ’n kwalifikasie verwerf is, en die skaal waarteen kandidate se salarisse in die afgelope 30 maande gegroei het, is in ag geneem.
Die topvyf studierigtings is:
1. Informatika
Die 3% van studente wat informatika bestudeer het, is die gemaklikste in hulle werkplek en hulle salaris het ook die vinnigste gegroei. Daar is ’n gemiddelde groeikoers van 95% groei oor die afgelope 30 maande van hulle werklewe. Hierdie kandidate het binne gemiddeld twee maande na afstudering werk gekry.
Gemiddelde beginsalaris: R8 333 p.m.
2. Beroepsopleiding
Beroeps- en Ambagsopleiding is deur 23% van die studente as loopbaan gekies. Studente wat deur Sol-Tech studeer het, was die uitskieters met ’n gemiddelde beginsalaris van R22 000 per maand en ’n baie hoë plasingsyfer. Studente in Beroeps- en Ambagsopleiding oor die breë spektrum het binne gemiddeld drie maande na afstudering werk gekry.
Gemiddelde beginsalaris: R7 653 p.m.
3. Finansiële en Bestuursrekeningkunde
14% van die kandidate het ’n kwalifikasie in finansiële en bestuursrekeningkunde behaal. Hierdie studente het gemiddeld binne drie maande na hul kwalifikasie werk gekry.
Gemiddelde beginsalaris: R9 044 p.m.
4. Gesondheidswetenskappe
Ongeveer 10% van die studente het in rigtings in die gesondheidswetenskappe gestudeer. Dit sluit rigtings soos mediese dokters, verpleegpersoneel, terapeute en laboratoriumpersoneel in. Hierdie kandidate het gemiddeld tussen drie en vier maande geneem om hulle eerste werk te kry.
Gemiddelde beginsalaris: R13 125 p.m.
5. Veeartsenykunde
Alhoewel slegs 2% van die studente hierdie studierigting gevolg het, blyk dit ’n baie goeie studierigting te wees, en bykans al die studente in hierdie studierigting het reeds ’n werkaanbod gehad voordat hulle afstudeer het.
Gemiddelde beginsalaris: R19 166 p.m

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button