NewsNews

Man agt keer lewenslank tronk toe na kinderverkragting

'n 47 Jarige man wat sy 15 jarige broerskind in Brits verkrag en swanger gemaak het, is Vrydag (13 Julie) na agt keer lewenslank tronkstraf gevonnis.

‘n 47Jarige man wat sy 15jarige broerskind in Brits verkrag en swanger gemaak het is Vrydag (13 Julie) tot agt keer lewenslange tronkstraf gevonnis. 

Dit het tydens die ondersoek aan die lig gekom dat hy drie ander kinders wat onderskeidelik 8, 10 en 11 jaar oud is ook verkrag het. Een van die slagoffers was sy stiefdogter. 

Die man se identiteit kan nie bekend gemaak word nie sodat sy slagoffers beskerm word. Volgens kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, het die man sy broerskind in Mosambiek gaan haal waarna hy haar na Brits gebring het. Die man het vir haar werk belowe. Terwyl sy in Brits was het hy haar herhaaldelik verkrag. Sy het swanger geword met sy kind. Bloedtoetse het bevestig dat die man die pa van die kind is. 

Lt. gen. Baile Motsweyane, provinsiale kommisaris, het die ondersoekspan geluk gewens met die goeie werk wat hulle gedoen het. 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button