NewsNews

Geliefde dokter skielik oorlede

Geliefde dokter skielik oorlede

Dr. Tielman Breedt is Sondag 15 Julie skielik in die ouderdom van 63 jaar in Medi Clinic Potchefstroom oorlede.
Vir 27 jaar was hy huisdokter vir so baie in Parys – en iemand wat alom gerespekteer was.
Dr. Breedt het sy praktyk in 1991 in Parys geopen as algemene praktisyn. Voor sy praktyk hier het hy vir vier jaar in Vredefort gepraktiseer waar hy ook baie betrokke was in die gemeenskap.
Danksy sy en dr. Beetge se visie en inisiatief is die spesialis-sentrum in 2005 in Parys geopen, wat ook ’n private radiologie praktyk en patologie laboratorium ingesluit het.
Naas sy praktyk het hy ’n  besondere diens aan die bejaardes van Najaarsrus gelewer waar hy gereeld siekebesoeke gedoen het.
Die begrafnisreëlings was nog nie teen Gazette se druktyd gefinaliseer nie, maar sal ’n  private diens na verwagting later vandeesweek gehou word.
Longkanker is in Februarie 2017 by hom gediagnoseer en het hy dié pad moedig geloop.
Dr. Breedt word oorleef deur sy vrou, Retha, drie seuns, Francois, Kruger en Carel, ’n kleindogter, broer en suster.
Sy dood laat ’n groot leemte in die gemeenskap van Parys en Vredefort wat hy vir soveel jare gedien het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button