NewsNews

Eienaar in tronk na hond man byt

Die eienaar van ‘n Amerikaanse veghond is op 12 Julie in hegtenis geneem nadat sy hond ‘n man gebyt het.

Die eienaar van ‘n Amerikaanse veghond is op 12 Julie omstreeks 21:00 in Walter Sisulustraat, Potchefstroom in hegtenis geneem nadat sy hond ‘n man gebyt het.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier beskerming, was dié sekuriteitsmaatskappy op patrollie waarna hulle ‘n man gesie, het wat erg beseer was.

“Die man het bevestig dat hy deur ‘n hond gebyt is. Later het die polisie die eienaar van die hond in hegtenis geneem en die hond is deur Paws gevat,” het Haefele gesê.

Mooirivier het ER24 ontbied wat die man hospitaal toe geneem het vir verdere behandeling.

Ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder,  het die voorval bevestig. Volgens haar is dit nog onduidelik wat daartoe gely het dat die hond die man gebyt het.

Volgens Herman van der Sluis, bestuurder van Paws, is die hond baie rustig.

Lees meer in volgende week se Potchefstroom Herald.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button