NewsNews

Blakermaker galery-deure ‘n laaste keer oop

Laaste kans voor galery-deure sluit

Die kunstenaarshande van Dave Strydom van Die Blakermaker het stil geword, maar die publiek sal nog een laaste kans kry om die unieke kunswerke te koop voordat die galery sluit.
Die Blakermaker galery in Breëstraat, Parys, sal net tot einde Julie oop wees vir die publiek.
In die hande van kunstenaar Dave Strydom, het koue staal, kunswerke geword wat leef. Sielswerke van ’n man wie se staalkuns galery vir 22 jaar deel was van Parys se ryke kunstalent.
Hier by Breëstraat 36 waar jy die sagtheid van die natuur op unieke wyse kon ervaar in elke geitjie,die talle voël-kunswerke en wilde diere wat beweeg het met die ritme van kuns en vakmanskap in harmonie. Van lampskerms, tot ornamente, skilderye, blombakke en soveel meer.
Dave is op 28 Junie na ’n kort siekbed in die ouderdom van 57 jaar oorlede.
Kom beleef vir oulaas sy unieke kuns wat vir soveel jaar deel was van Parys. Alle verkope is kontant of eft en die galery sal daagliks oop wees van 09:00 tot 15:00.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button