NewsNews

Só moet jy maak as polisiestasie se landlyn nie werk nie

As die telefone nie werk nie - maak dan so.

Die Telkom-telefoonlyne van die Parys-polisiestasie is vervang met datalyne wat beteken dat dié lyne voortaan saam met die internet werk.
Sou dit gebeur dat die polisiestasie se kragopwekker nie inskop tydens ’n kragonderbreking nie, beteken dit dus dat die stasie se landlyne nie sal werk nie.
In só ’n geval kan mense ’n boodskap op die We Care groepe plaas wat dan na een van die stasie se bystandbevelvoerders op hul private selfone deurgegee sal word.
Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) het ook ’n whatsapp-groep waardeur daar direk met die polisie gekommunikeer kan word en seker gemaak sal word dat boodskappe deurgegee word.

Related Articles

Back to top button