![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2018/07/Agriworks.jpg)
Alle saai- en veeboere word na dié konferensie genooi wat oor twee half-dagsessies plaasvind en sal fokus op die produksie en groei van saai- en veeboerderye in die streek.
Saaiboere Indaba:
Dit word op Donderdag 26 Julie van 10:00 tot 13:00 gehou.
Die paneel van sprekers sal onderwerpe bespreek soos grondbestuur, saadseleksie, gehaltebeheer, plaagbeheer, maksimale oes opbrengs, mark aangeleenthede en meer.
Veeboere Indaba:
Dit word op Vrydag 27 Julie van 10:00 tot 13:00 gehou.
Verskeie sprekers sal onderwerpe bespreek soos vee seleksie en vee gesondheid, weiveldbestuur, produksie tegnieke, markoorwegings, veediefstal, sekuriteit en meer.
Kaartjies vir die Indaba kos R350 per persoon per dag of R600 per persoon vir albei dae en kan bespreek word op die webwerf www.farmersindaba.co.za.
Die Agriworks Landbou Ekspo word op 26, 27 en 28 Julie by die Trimpark (langs Mooirivier Mall) in Potchefstroom aangebied.
Meer inligting en stalletjie besprekings is by www.agriworks.co.za te sien, of skakel die organiseerders, CADEK Media by 021 854 4700.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2018/05/Herald-web-AJR-AV-copy.jpg)