BlogsNewsNewsOpinions

Laat ek dit so stel: Hey ouens! (manne?) Hou op om vroue te verkrag

In ʼn samelewing waar mans in leierskapposisies praat van vroue aan hulle privaatdele gryp, ala Donald Trump, is dit belangrik wat ons, ons seuns leer.

In vandeesweek se Potchefstroom Herald is daar ʼn hartroerende artikel oor Mej. Afrika-finalis, Pearl Mashila, wat vir jare gemolesteer, verkrag en as seks-slaaf aangehou is.

Ek wens ons kon dit as ʼn eenmalige gebeurtenis sien. Die ongemaklike werklikheid is egter dat vroue in Suid-Afrika teen ʼn tempo van 116 per dag verkrag word.  Die nuutste polisiestatistieke wys dat daar tussen 2016 en 2017 in Potchefstroom 202 sake van verkragting by die polisie aangemeld is. Die Herald het al sedert die begin van die jaar oor 11 sake van verkragting berig.

Dis ook algemene kennis dat nie elke slagoffer van verkragting dit by die polisie aanmeld nie. Sommige bronne sê dat slegs sowat 40 persent verkragtingsake aangemeld word. As dit so is dan is die hoeveelheid verkragtings in Potchefstroom verlede jaar nader aan 400 verkragtings. Dit is dan ongeveer een vrou ʼn dag wat in Potchefstroom verkrag word.

https://potchefstroomherald.co.za/35297/verkragting-te-bang-om-te-praat/

Baie mense het baie oplossings.  Wat ek die meeste hoor is dat vroue nie tot so laat in die aand moet uitbly nie, of vroue moenie uitlokkende klere aantrek nie, vroue moet seker maak dat hulle nie alleen in die aand iewers heen loop nie.

Op sosiale media word baie “advies” met slagoffers gedeel, maar ook kritiek!

“Watter tipe meisie is daai tyd van die aand nog in die straat?”, “Almal weet ordentlike meisies drink nie so baie nie”, en so gaan dit aan.

Hierdie is “advies” wat mense al voorheen op die Herald se Facebookblad gedeel het nadat daar oor verkragting berig is.

https://potchefstroomherald.co.za/11087/student-verkrag-hou-nog-sake-verband/

 

Dit slaan my elke keer dronk dat daar mense is wat so redeneer. Ons samelewing is ongelukkig wel van so ‘n aard dat vroue ook nie heeltemal naïef moet wees oor die werklikheid nie. Ons moet almal bietjie meer versigtig wees, maar waar moet die begin van die verandering wees? Nie by vroue nie maar by ons as mans.  Mans moet ophou om vroue te verkrag.

Ek sê dit so asof dit so eenvoudig is, so kom ek stel dit anders. In ʼn samelewing waar mans in leierskapposisies praat van vroue aan hulle privaatdele gryp, ala Donald Trump, is dit belangrik wat ons, ons seuns leer.

Nie net wat ons hulle leer nie, maar hoe ons in hulle teenwoordigheid praat. En ook hoe ons as mans onder mekaar praat.

In Kenya, waar verkragting net so groot probleem soos in Suid Afrika is, het hulle in 2015 begin om in skole vir seuns te leer om vroue met respek te hanteer.

Hulle word geleer dat hulle moet opstaan teen ander mans wat vroue teister of neerhalende dinge van vroue sê. Hulle word ook geleer dat seks nie ʼn man se reg is nie.

Die persepsie wat by party mans bestaan dat as jy ʼn vrou vir ʼn duur aand uitvat sy jou moet vergoed met seks, of as sy op ʼn sekere manier aantrek sy seks wil hê, of selfs die persepsie dat ‘n man nie die vrou waarmee hy getroud is kan verkrag nie, moet verander.

Verkragting sal nooit stop as ons nie dié soort persepsies by onsself en ons seuns uitwis nie.

https://potchefstroomherald.co.za/26098/roof-en-verkragting-skok/

https://potchefstroomherald.co.za/25231/vrou-op-kleinhoewe-verkrag/

 

Related Articles

Back to top button